Miriam Engelbrecht

Miriam Engelbrecht is oorspronklik van Ravensmead en is tans woonagtig in Steinkopf, Namakwaland. Sy het ‘n groot passie vir skryf en wil graag deur die kinderstories lewenslesse tuisbring wat ‘n positiewe impak sal hê op hul brose kindwees en om hulle emosioneel sterker te maak.

Die opvoedingstaak lê baie na aan haar hart en as ‘n taalonderwyser, is Kreatiewe Skryfwerk een van haar grootste passies. Miriam het intussen uitgetree uit die onderwys, maar hierdie dinamiese vrou, geniet dit om deel te wees van die ontwikkeling en groei van kinders en glo dat opvoeding die beste wapen is. Dit is veral belangrik dat kinders van jongs af ‘n liefde vir lees ontwikkel, want dit sal hulle insig gee om ook ander leerareas onder die knie te kry. Elke storie bevat dus ‘n spesiale les wat verweef is in die alledaagse gebeure.

Selfvertroue, die nodige dissipline, ‘n goeie woordeskat en soveel meer, is vaardighede wat kinders aankweek deur ‘n liefde vir lees te ontwikkel.

‘n Lewensles wat by haar bly is dat daar blomme is wat die beste blom in die son en ander in die skaduwee, dus moet ons die beste maak van elke situasie waarin ons, ons bevind. Hierdie boek is maar net een van haar projekte en sy hoop om nog vele boeke te skryf

Miriam Engelbrecht (nee Scholtz), was born and raised in Ravensmead, Cape Town. She started her teaching career at Steinkopf High School up and to her retirement.

Miriam is passionate about developing the reading skills, especially from a young age. Her stories usually let the imagination of her readers run wild, since she is quite aware how many children lack these skills. Children, especially from rural backgrounds, do not always have all the opportunities due to financial strains and social issues, therefor it is of utter importance for her to especially reach out to those young readers. Miriam’s creativity allows her to express herself through her writing.

She is a published poet and an Award-Winning AfriCAN Author.

Books By Miriam Engelbrecht

Waar’s Mamma

By Miriam Engelbrecht

R150

Wanneer tragedie toeslaan, word die hele gesin geraak. Meestal is dit die kinders wat ly. Waar's Mamma is 'n hartroerende verhaal van 'n kind wat na haar ma soek.

Skadu’s op die stoep

By Miriam Engelbrecht

Dis 'n verhaal van generasies - van 'n vrou wat met haar stille krag ondersteun

Kom Stap Saam

By Miriam Engelbrecht

R99

Liefde en leed. Ons is almal gemaak om spore te los. Miriam Engelbrecht

Stropie en Milo

By Miriam Engelbrecht

R120

‘ Elkeen is n leser Sommige het net nog nie hul gunsteling boek gevind nie.

Blokkies se manewales

By Miriam Engelbrecht

"Vandag 'n leser, more 'n leier."