Hierdie boek beeld die vroeë lewenservaringe van ‘n trotse oudleerling van David Livingstone Skool, met verfrissende deernis en opregtheid uit. Sy slaag daarin om ‘n lewendige beeld te skep van die lewe op ‘n hoërskool in die Noordelike voorstede van Port Elizabeth. Hierdie boek is snaaks, vol humor en ryk van stories oor die goeie ou dae by David Livingstone Sekondêre Skool.
