Kevin Charles Rhodes
Kevin Charles Rhodes aka (KC) kom met trots en vreugde, en deel sy eie stories van heimvee, hartseer, en geluk, maar ook van die val, die opstaan, die aanbeweeg en die dinge wat met die lewe kom.
Hy is ‘n boorling van ‘n plek so skuins verby die Tierberg heuwels waar die Elsies Riviertjie so ‘n ligte draai loop. Hy is die President van die Boondock Saints Motorfiets Klub. Hy sing in sy eie Rock n Roll Band. Hy hou van stories vertel en is ‘n trotse pa en oupa.
