n’ Kykie in die lewe van ‘n dogter, iemand se vrou, ‘n ma, ‘n ouma wat ook maar net ‘n vrou is, wat na haar 1ste boek deur ‘n vriend uitgedaag word om in haar moedertaal te skryf. Kleingelowig daag sy God uit met “downloads” elke oggend om 4 uur en sy word soos deur haar lewe net die kruik. Het sy bedenkinge gehad, ja, maar God druk tot jy luister. Deur die digbundel kry jy ‘n kykie in haar reis wat sy sê, nog nie klaar is nie. Dit is sonder voorbehoud vir haar, haar lewe in digkuns.
