S

Author

Samuel Muller

Samuel Muller is die seun van Regina en Sam Muller. Hy is gebore in Uitenhage en het daar ook skool geloop en grootgeword. Sammy soos mense hom noem was bewus van die roeping in sy lewe van ʼn baie jong ouderdom af. Hierdie jaar het hy 22 jaar as predikant in die Metodiste Kerk van Suider Afrika herdenk en is tans die predikant van die Benoni Sentraal Metodiste kerk aan die Oosrand van Johannesburg. Sammy is tans ‘n bekroonde skrywer en het ʼn Global African Honouree Authors Award vir sy eerste boek, “Kom ons begin oor “ ontvang. Sy grootste inspirasie, motivering en ondersteuning kom van sy vrou Crystal en sy dogters Samryn, Saphne en Jahzara. Sammy se passie lê in skryf, motivering, preek, berading en die kudde wie God aan hom toevertrou het.

Books by this Author